Back

Hoe om ‘n Huweliks Bevestiger te kies




Die keuse van 'n geskikte Huweliks Bevestiger is sekerlik een van die belangrikse dele van enige troue se beplanning. Dit is vanselfsprekend dat die huwelik nie wettiglik voltrek kan word indien hy of sy nie oor die nodige kwalifikasies beskik nie. Dit is raadsaam om ‘n interkerklike huweliksbevestiger te nader wanneer die buidegom of die bruid nie aktief betrokke is in ‘n kerk nie, of wanneer hulle aan verskillende denominasies behoort. Dit is baie belangrik dat die bruidspaar moet seker maak dat die Huweliksbeampte wel beskik oor ‘n lisensie en ‘n geldige aanstelling deur Binnelandse Sake om die wettige deel van die huwelik te mag voltrek. Indien die bruidspaar iemand sou verkies wat nie oor so ‘n lisensie beskik nie, kan hul altyd ‘n wettige huweliks beampte nader om die wettige deel vir hulle te doen. Dit gebeur soms dat hul graag n Familie lid of n vriend wil nader om die seremonie te doen en sodoende kan die huwelik dan ook wettig voltrek word.



Wanneer ‘n Huweliksbevestiger deur die bruispaar gekies word,  is dit altyd goed om iemand te kies met wie hul albei aanklank vind en gemaklik mee voel. Die ideale persoon is baie keer die een wat bereid is om insette van die paartjie te aanvaar ten opsigte van die tydsduur van die seremonie, die keuse van die huweliks beloftes en selfs ook in ander kleiner details van die verloop van dinge. Wanneer die paartjie die huweliksbevestiger ontmoet is dit altyd goed om uit te vra rondom die tipe boodskap en ook die styl waarin dit gelewer gaan word. Indien die paartjie nie vrymoedigheid het om daardie tipe vrae te vra nie moet die Huweliksbevestiger die initiatief neem om dit namens hulle te vra. Daar is niks so frustrerend soos gaste wat die tyd omwens nie. Die huweliksdag is immers ‘n dag wat almal graag wil onthou as ‘n baie lekker en geselligge ervaring.  Dit is die bruidspaar se keuse hoe formeel, tradisioneel, godsdienstig of hoe informeel en ontspanne die seremonie moet wees. Humor en interaksie tussen die paartjie, die gehoor en die huweliks beampte help baie om die senuwees in te perk en beloof of die seremonie baie meer genotvol te maak.



Daar is baie Huweliksbevestigers wat nie daarvan hou wanneer fotos geneem word tydens die seremonie nie, dus is dit belangrik dat klaring rondom dit gekry word voor die tyd. Aan die ander kant, moet daar ook in gedagte gehou word dat dit die bruidspaar is wat vir alles betaal en daarom moet hul wense ook in ag geneem word al stem die Huweliksbevestiger nie heeltemal daarmee saam nie. Hul fotos is immers van die belangrikste herinneringe van die groot dag. Onthou dis hulle troue en hulle herinneringe. Alhoewel begroting defnitief ‘n rol speel in enige troue is dit baie belangrik om nie net vir die goedkoopste opsie te gaan nie. Onthou dat julle huweliksbevestiger ook n proffessionele persoon is en ten minste 7 ure gaan spandeer aan die bruidspaar en nie net die tydsduur van die seremonie nie.



Dit sluit o.a. in die voorbereiding, ontmoeting met die paartjie voor die tyd, reis tyd na en van die troue en dan ook die registrasie van die huwelik by Binnelandse Sake.


Waar kan die geskikte huweliksbevestiger gevind word?


Vra jou vriende.

Vra jou pastoor / dominee

Internet – Google

Bruidstydskrifte

Troue koordineerders

Troue en onthaal plekke


Indien u enige vrae het kontak my gerus hier

 


Geskryf deur Jaco Venter

Taal verwerking duer Lood Goosen